
=====================================================================
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Waardeer die Afrikaanse jeug prosa?

Jy s ons prosaboom is dood
en daarom snoei jy onverdrote
aan ou takke; maar Van Wyk
jy laat veral net waterlote
 D.J. OPPERMAN wil hiermee alle doemprofete vasvat wat die kultuurboom tevergeefs met verskuilde agendas probeer aan die lewe hou. Ek steun 
Dirk Opperman   se stelling, en daarom wil ek graag die volgende hoofpeste van die Prosaboom aan u bekendstel. Dalk kan ons 'n effektiewe 
pesdoder ontdek. Die eerste pes is die Tekort-Aan-Motivering-Sindroom (TAMS). Hierdie plaag l nie by die Prosaboom self nie, maar word 
versprei deur onbelangstellende tuiniers, wat veronderstel is om hul kennis aan 'n hoop watermolekules oor te dra. Die sindroom word veral 
gekenmerk deur droogtes, wat die Prosaboom se blare laat verdor en dan onaantreklik soos 'n melaatse in die veld laat bly staan. Hoe word 
die plaag bestry? Deur tuiniers met warm harte en oop hande. Omdat hulle die boodskap suksesvol indra, kan die genspireerde waterdeeltjies 
die droogtes oorleef.

KAT, of Kritiek en Afgekraakte Toestand, is die tweede siekte. Dit gedy veral in ouerhuise. KAT maak dat die humus onwillig word om na sy 
skeppingsdoel te reik, met vrae soos: "Hoe kan ek goed genoeg wees -- ek is dan so dom?" Dit maak die Prosaboom passief. Daar is tans met 
'n seminaar begin om humusouers te skool in die tegniek van positiewe kommentaar lewer op humusliteratuur. Statistiek toon dat die meeste 
ouers tans net ses minute gehaltetyd per dag saam met hul humussies deurbring. Omdat KAT aan dieselfde spesie behoort as die volgende 
siekte, sal groter waardering vir die rypwordende vrugte aan die boompies moontlik albei genees.

VOP, beter bekend as Vervelige Onderwysparasiet, werk direk en vinnig, aangesien dit die Prosaboom van lewensappe en glans beroof. Di 
parasiet kan slegs voorkom word deur 'n entstof teen 'n swak literre selfbeeld, wat dikwels, onder groepsdruk, al die plante in die 
kultuurtuin besmet. Soms ent ouers en onderwysers ons in, maar dikwels moet ons dit maar self in die geheim doen. Dis die sterkste middel 
in die stryd vir die oorlewing van ons Prosaboom. Die gesogte entstof is DROOM -- dink regtig oor ons moontlikhede.

Ek hoop dat met di kort volvlug ons die pad sal kan raaksien na 'n nuwe toekoms vir die Afrikaanse Prosaboom, wat dan nie meer 'n 
bedreigde spesie sal wees nie. Ons wil ons pragboom graag teen die hange van berge sien uittroon. Ons wil in haar skadu piekniek hou, in 
haar takke fyn kinderstemmetjies hoor baljaar. Ons wil ons Prosaboomsaadjies tot in die uithoeke van die wreld saai, sodat vreemde tonge 
haar soet vrugte kan proe, en onder haar bre blare rus, en haar kleurryke blomme in geliefdes se hare steek. Ons wil ons prosa wreldwyd 
sien groei en bloei --

Dankie oom Dirk. Berlize du Plessis,   'n leerder in Graad 12 aan die Horskool Zwartkop, Gauteng, het verlede jaar 'n toekenning van A+ 
vir hierdie opstel in die SvA se eerste Nasionale Afrikaans-Ekspo vir horskoolleerders verwerf.

Pasella
In Junie's dit
koebaai Meraai
vir president Mandela.
En is dit dalk
dieselfde lot
van ons program
Pasella?
Dit raak nou al hoe later.
Dis wraggies nie verdien nie
en later word net kwater
tot ons dit nit weer sien nie
 -- Vers: Philip de Vos
Tekening: Cora Coetzee

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av622.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

